Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vlaag van rooftogte

Saldanha se gemeenskaps-polisiëringsforum en polisie het Dinsdag die strate ingevaar om inwoners meer attent te maak op hul veiligheid terwyl die dorp steeds onder rowe gebuk gaan.

Volgens die polisiewoordvoerder AO. Yolanda Kotze vind rooftogte in alle buurte en enige tyd van die dag of nag plaas. Die afgelope week is vyf rooftogte aangemeld.

Vrydag 12 Julie is ’n man (63) om 18:30 in Bergstraat deur ’n onbekende man met ’n mes vir sy besittings gedreig. Die bejaarde is van sy Nokia-selfoon, huissleutels en kosblik beroof.

Die volgende dag, dieselfde tyd, het drie mans ’n woning in Whippingstraat binnegegaan. Die drie het glo kom geld haal namens iemand anders, maar nadat hulle R50 ontvang het, wou hulle ’n vuurwapen aan die huiseienaar (51) verkoop.

Toe hy die aanbod van die hand wys, het een van die verdagtes die wapen uitgepluk en die man gedreig. Hy is uiteindelik van sy selfoon en tablet-rekenaar beroof voor die drie gevlug het.

Later die aand om 19:30 is ’n man in Tonynstraat van sy selfoon beroof nadat ’n onbekende verdagte hom ook genader het.

Kotze sê Sondag 07:30 het ’n gewelddadige roof in Diazweg plaasgevind toe drie mans met bedekte gesigte twee vroue gestop het. Die manne het hulle met ’n gholfstok gedreig en vir hul handsakke gevra. Een vrou (23) het haar handsak oorhandig, maar die ander het vasgeskop.

Een van die verdagtes het toe die twee met die gholfstok begin slaan. Die 23-jarige is op haar bene en arms getref terwyl haar vriendin teen die kop getref is en het later mediese behandeling ontvang.

Die verdagtes is steeds soek.

Maandag, 15 Julie het drie verdagtes weer by ’n huis ingegaan nadat die huiseienaar werk toe is.

Sy seun (9) was steeds in die huis, vermoedelik wagtend vir sy geleentheid skool toe, toe die mans die huis bestorm.

Die verdagtes het materiaal in die kind se mond geprop en met klere, kontant en ’n skootrekenaar gevlug.

Enigeen met inligting oor enige van die voorvalle word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Siyabonga Bara, by die polisiekantoor by 022 714 8333 te bel.

Kotze sê Dinsdag se pamflet-veldtog is in reaksie op die rooftogte wat een van die grootste kwelpunte in die dorp bly. Huisinbraak en goedere wat uit voertuie gesteel word, is die ander twee misdrywe wat byna daagliks aan gemeld word, verduidelik sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.