Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
VLV-Porterville is trots op kongresprestasies

Die Porterville-tak van die Vrouelandbouvereniging (VLV) het die Rina Kotzé-trofee en die sertifikaat vir volgehoue takprestasie die tweede agtereenvolgende jaar by die 90ste VLV se Kaapland-kongres by Goudina Spa ontvang.

Elke lid is voorwaar trots om deel van die vereniging te wees en dra ook by om die prestasie te verdien.

Nog ’n uitstaande prestasie is die toekenning van die Annatjie Oosthuizen-skild vir die mees uitstaande artikel in die kunste- en handvlyt­afdeling asook die Marianne Brink-wisseltrofee wat toegeken is aan Willemien Burger vir haar woordkunsinskrywing met die tema “Niemand het dit verwag nie!”, wat handel oor die uitvindsels, vooruitgang en verandering waarmee die moderne mens vandag omring word.

Zabetha Albertyn, Mary-Ann van Schalkwyk en Lydia Liebenberg het die kongres as afgevaardigdes en dagbesoekers bygewoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.