Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Voortrekkerstraat kry nuwe lewe ná inwoners skeppend dink

Wenners van die ont­werpkompetisie van Porterville-hoofstraat is onlangs deur die Bergri­vier-munisipaliteit aan­gewys.

Dié kompetisie, wat in Junie vanjaar van stapel gestuur is, het inwoners van die Bergrivier- munisipale omgewing die geleentheid gegee om met interessante en skeppende idees vorendag te kom om Voortrekkerstraat ’n nuwe lewe te gee.

Die herontwerp is gemik op die gedeeltes van Voortrekkerstraat (van Basoonstraat tot Parkstraat), waar die plaaslike toerismekantoor, informele handelsgebied en tuine geleë is. Dié projek poog ook om die parke meer toeganklik en verwelkomend te maak.

Met die doel om toerisme en dus die plaaslike ekonomie ’n hupstoot te gee, sluit die groter plan ook die opstel van verskeie toerismeroetes en - produkte in.

Wenners het onderskeidelik R25 000, R10 000 en R5 000 prysgeld gekry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.