Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vordering met agterstande by forensies

Een van die redes waarom moord- en verkragtingsake aan die Weskus sloer, is die lang wagtydperk wat dikwels gepaard gaan met die verwerking van forensiese bewyse op nasionale en provinsiale vlak.

Maar daar is hoop vir ’n heelwat korter verwerkingstyd in die toekoms.

Die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het Maandag die bygewerkte verslag verwelkom wat deur die Suid-Afrikaanse polisiediens oor die agterstand van die verwerking van forensiese monsters uitgereik is.

Volgens dié verslag, wat op 26 April bekend gemaak is, is vordering met die verwerking van die agterstand gemaak nadat die forensiese uitstallings­bestuurs­telsel op 6 April van stapel gestuur is. Die stelsel is ontwikkel in vennootskap tussen die polisie en die staatsagentskap vir inligtingstegnologie.

Volgens die verklaring is reeds sowat 25 000 nuwe monsters op hierdie stelsel gelaai.

Die verklaring lui ook dat die polisie ’n kontrak van twee jaar met ’n diensverskaffer beklink het om die noodsaaklike kwantifiseringspakkette te voorsien. Hierdie kwantifiseringspakkette, wat ook bekend staan ??as DNS-verbruiksartikels, word gebruik in die proses van DNS-toetsing by die nasionale forensiese wetenskap-laboratoriums.

Die kwantifiseringspakkette moet egter eers bekragtiging ondergaan, en hierdie proses sal na verwagting binne die volgende twee maande afgehandel wees.

“Die nuus beteken dat dinge vorentoe kan beweeg. Praktiese stappe is uitgevoer om die agterstand te verminder en uit te wis.

“Terselfdertyd is dit ontnugterend dat ons eers twee maande moet wag voor bekragtiging afgehandel sal wees en enige werklike DNS-bewyse verwerk kan word,” het minister Fritz gesê.

“Ons bly van mening dat die prosessering van forensiese bewyse deur die desentralisering van die funksie op provinsiale vlak, en selfs na ander diensverskaffers, aan die polisiebestuur oorgedra word, wat tot ’n meer doeltreffende stelsel sal lei.”

Kapt. Tania Helfrich, plaaslike polisiewoordvoerder, sê die meer spoedige verwerking van forensiese bewyse sal gewis ’n positiewe impak op die Weskus hê aangesien polisielede meer werksbevrediging sal kry, skuldiges gouer aan die pen sal ry en die families van slagoffers vinniger geregtigheid sal sien geskied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.