Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vroue deur unieke inisiatief bemagtig

Altesaam 40 vroue van Saldanha pas, meet en bou nou danksy ’n inisiatief deur die ontwikkelaars van die nuwe Welgedaan-behuisingsontwikkeling.

“Ons het besluit indien die vroue bereid is om te leer, is ons bereid om vir hulle die praktiese opleiding te gee wat hulle nodig het,” sê Patrick Myburgh, projekbestuurder van D2SA Property Developers, wat genader is om vroue te help wat opleiding in die boubedryf wil ontvang.

Aanvanklik was die idee om 10 of 11 vroue op die bouperseel te akkommodeer, maar later is besluit om al 40 praktiese ervaring te gee.

Professionele ambagsmanne is gekry om die vroue oor bouwerk, die lê van teëls en verfwerk te leer.

Die vroue staan glo vir niks terug nie, werk met ywer en spit selfs.

Volgende Februarie sal die vroue hul sertifikate ontvang as bewys dat hulle die mees basiese vaardighede van bouwerk bemeester het.

Die hoop is dan om na verskeie vennote uit te reik om die vroue te help om permanente werk te vind.

“Die vroue staan vir niks terug nie. Die boubedryf is ’n moeilike bedryf om in te werk – die ure is lank en jy is heeldag aan die wind en weer blootgestel, maar die vroue is nie bang nie en draf die uitdaging kaf,” verduidelik Ben le Roux, wat ’n kontrakteur vir die projek is.

Die vroue help om huise en woonstelle in Saldanha as deel van hul praktiese opleiding te bou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.