Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vroue kook potte kos vir Eendekuil se kleinspan

EENDEKUIL – Die nood loop nou baie hoog, maar gelukkig maak party inwoners, wat dit self nie breed het nie, hul harte oop.

Marie Maarman en die vroue van Eendekuil se Meals-on-Wheels kan gewis hiervan getuig.

“Dit is baie moeilik, want daar is net 50 kospakkies en 190 huisgesinne.

“Ons het van in die strate gegaan om inwoners te vra wie die pakkies die nodigste het. Een ma het versoek dat ons die kospakkie moet hou en net sorg dat haar kind elke aand ’n bord kos kry.

“Dit was van die mooiste woorde wat ek nog gehoor het – sy het haarself laaste geplaas en is net oor haar kind bekommerd,” vertel Maarman.

Sy het vyf jaar gelede ’n sopkombuis by haar huis begin nadat sy gesien het die kinders vir wie sy kinderbond aangebied het, se ouers werk laat.

Sy en haar man het toe begin kos verskaf aan die kinders wie se ouers te laat tuiskom om self vir hul kleintjies kos te maak.

Tydens die nasionale Covid-19- inperking het Maarman saam met haar helpers, wat die 91-jarige tannie Lya insluit, warm kos vir Eendekuil se kleinspan begin maak.

Die kinders kry sedert die skole heropen het, weer kos by die voedingskema, maar die vroue deel steeds drie dae per week kos uit.

Op dié dae ry die vroue met hul trokkie deur die buurt met hul stomende potte kos.

Die kinders dra hul maskers, bring hul eie bakkies en hul hande word gereinig.

Plaaslike inwoners praat met groot lof van die vroue en hul gemeenskapswerk waarvoor hulle geen vergoeding wil hê nie.

“Antie Lya – sy het die lekkerste toffieappels gemaak toe ek daar op skool was. Mag die Here vir Tannie seën en vele jare spaar,” het ’n oud-inwoner laat hoor.

Die Initiative for Community Advancement (ICA), ’n Weskus-gebaseerde gemeenskapstigting, help Meals-on-Wheels sedert April met finansiële ondersteuning en skenkings.

Enigeen wat ’n bydrae aan Meals-on-Wheels wil lewer, kan die ICA by 022 300 0133 kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.