Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrugtesmous vertel van sy lief en leed op straat

Sy vrugte is só lekker dat die manne in blou wat dit afvat, dit sommer opeet.

Só sê Saldanha se bekende vrugte-straatverkoper, Bashir Shaik, en voeg vinnig by dat hy buiten die moeilikheid waarin hy soms beland, niks anders wil doen nie.

Shaik, wat in Diazville woon, verkoop reeds ’n dekade lank sy vars vrugte in die strate. “Die mense ken my. Sommige sê hulle kom spesifiek na my toe, want hulle sê ek is local en hulle wil hul eie mense ondersteun,” verduidelik hy.

Shaik sê hy begin dalk nie so vroeg met sy verkope soos destyds op die parade nie, maar hy het ’n daaglikse plan.

“Ek begin só 10:00 se kant en as ek my eerste R20 gemaak het, gaan ek na Charlie’s Fish Shop vir ’n tjiproll. Dit maak my vinnig vol vir die res van die dag.

“Dan begin ek stap. Ek stap al met Hoofstraat langs. Ek het my regulars – mense by die bank, mense in grênd karre wat stop om by my te koop, en dokters,” sê Shaik.

Ten spyte van Bashir se sonnige geaardheid meen hy dit is nie altyd maklik om sy R70 vir die dag te maak nie. Sy vrugte word gereeld deur wetstoepassers afgevat omdat hy nie die voorwaardes van sy permit nakom nie.

Ingevolge sy munisipale permit moet Bashir sy sake van ’n spesifieke plek af doen. Hy het voorheen by die stalletjies naby die taxistaanplek gestaan. “Die mense daar het my weggejaag. Hulle soek my nie daar nie, maar dis fine, want ek hou daarvan om op en af te stap. Maar hulle bly my goed afvat – die wetstoepassers het een keer my avokadopere gevat en ek weet hulle het dit opgeëet!” meen Bashir.

By navraag het die Saldanhabaai-munisipaliteit laat weet permitte vir smouse geld net vir ’n spesifieke, aangewese staanplek.

Die munisipaliteit verduidelik verkopers wat rondloop kan ’n veiligheidsrisiko wees gesien hulle by verkeersligte in die pad rondloop en motoriste op ongewenste plekke stilhou om vinnig iets te koop.

Bashir sê hy verstaan hierdie voorskrif, maar is steeds bekommerd indien hy nie sy gewone rondes kan doen nie, hy nie sy geld vir die dag sal kan maak nie.

“Die hoof met wie ek by die munisipaliteit gepraat het sê hy verstaan my probleem, maar sê ek moet net na my gereelde klante gaan. Ek weet darem nie; ek dink baie mense sal my mis as ek nie rondloop nie,” meen Bashir.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.