Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vyfde Paasnaweek sonder ’n padsterfte

Die Weskus se paaie – berug vir noodlottige ongelukke – was vanjaar vir die vyfde agtereenvolgende Paasnaweek sonder noodlottige botsings.

Tydens die besigste tye was daar sowat 1 600 motoriste op die R27/Weskuspad onderweg.

Gegewe die warm Paasvakansie-weer het talle besoekers na die strande gestroom, maar teen Sondagoggend en Maandag het hulle vroeg weer in die pad geval in Kaapstad se rigting.

Volgens Nikki Visser, waarnemende verkeershoof van Vredenburg provinsiale verkeer, het die goeie toestand van Weskuspaaie, die spoedkameras op die R27 en hoë sigbaarheid van beamptes gesorg dat motoriste hulle grootliks gedra.

“Dit is net genade van Bo. Dit gesê verdien elke beampte beslis ’n veer in hul hoed vir hul getroue, goeie werk.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.