Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Waar daar ’n rokie is . . .

Sondag is internasionale No Tobacco-dag en vele Suid-Afrikaners is sonder hul twakkies, of hulle wou wees of nie.Koronavirus laat vele sonder twak

Die Covid-19-wetgewing maak dit onwettig om tabakprodukte asook enige produkte vir vaping te koop.

Die verbod het egter nie alle rokers gekeer nie en handel op die swartmark is aan die orde van die dag. Weslander-lesers stem saan: “Ek rook steeds. Daar is baie onwettige sigarette hier rond. Laat ons toe om te rook, dis deel van ons menseregte.” ’n Gesondheidskwessie

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) sê egter rokers het ’n groter kans om die koronavirus op te doen. “Covid-19 is ’n aansteeklike siekte wat hoofsaaklik die longe aanval.

Rook beïnvloed die longfunksie en maak dit moeilik vir die liggaam om korona-virusse en ander siektes te beveg.

“Tabak is ook ’n belangrike risiko­faktor vir nieoordraagbare siektes soos kardiovaskulêre siektes, kanker, asem­halingsiektes en diabetes, wat mense met hierdie toestande ’n groter risiko maak om ernstige siektes te ontwikkel as hulle deur Covid-19 geraak word,” sê die WHO.

Die rand en sent van rook

Rokers dra jaarlikse miljarde tot die staat se geldkas by deur middel van sondebelasting. Vanjaar word R17,40 belasting op ’n pakkie van 20 sigarette geëis, R19,55 per 50 g-sigaret-tabak en R5,79 per 25 g-pyptabak.

Kenners meen dit is juis dié rande wat nou verlore gaan tydens die grendeltydperk. Pres. Cyril Ramaphosa het egter in sy laaste toespraak gesê die gesondheids­risiko is te hoog om die verkoop van sigarette weer toe te laat.

Savera Kalideen van Die Nasionale Raad Teen Rook het verlede jaar verklaar die gesondheidsuitgawes en die verlies aan produksie weens rook kos Suid-Afrika jaarliks R59 miljard.

Gebruik die verbod

Sommige rokers het egter die nasionale verbod gebruik om op te hou rook.

“Ek het ophou rook met die begin van inperking. Ek gebruik die geleent­heid om die gewoonte te staak. Gedink ek maak die beste van ’n slegte situasie en spaar sommer geld in dié tyd . . . maar as ’n roker weet ek hoe dit voel [om sonder sigarette te wees],” het ’n leser op Weslander se sosiale media laat weet.

Volgens die WHO is daar baie voor­dele om op te hou rook:|. Binne 12 uur daal die koolstof­monok­siedvlak in jou bloed na normaal.. Binne 2-12 weke verbeter jou bloedsomloop en neem longfunksie toe.. Ná ’n jaar is jou risiko vir koronêre hartsiektes ongeveer die helfte van dié van ’n roker.. Ná vyf jaar word jou risiko vir beroerte-risiko verminder tot dié van ’n nieroker 5 tot 15 jaar nadat u opgehou het.. Ná 10 jaar daal jou risiko vir longkanker tot ongeveer die helfte van die roker en verminder jou risiko vir mond-, keel-, slukderm-, blaas-, serviks- en pankreaskanker.. Ná 15 jaar is die risiko vir koronêre hartsiektes dieselfde as die van ’n nieroker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.