Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Wanadministrasie en onreëlmatighede’ ondersoek

Die Bergrivier-munisipaliteit se burgemeester, Ray van Rooy, het die volgende skrywe aan Weslander gestuur rakende vermoedelike onreëlmatighede by dié munisipaliteit:

“Daar is die afgelope twee maande onreëlmatige banktransaksies wat kan dui op korrupsie, by die Bergrivier-munisipaliteit waargeneem. Onmiddellike stappe is gedoen om dit na te spoor en stop te sit.

“Sedertdien is daar ook in ons finansiële afdeling bepaalde wanadminstrasie ontdek en stappe is onverwyld gedoen om dit intern en onafhanklik te ondersoek.

“Personeel wat na bewering daarby betrokke is, is reeds geskors en wetlike stappe word tans geneem om ’n strafregtelike ondersoek in te stel.

“Ek verseker die publiek daarvan dat die raad van Bergrivier absoluut daartoe verbind is om die munisipaliteit doeltreffend te administreer en te voldoen aan alle wetlike en ouditeringsvereistes om skoon administrasie te verseker.

“Verdere inligting sal na afloop van die ondersoeke wat tans gedoen word, asook die uitkoms en afhandeling daarvan, aan u gekommunikeer word,” sluit die skrywe af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.