Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wapeneienaars in visier

Die gebruik van vuurwapens in misdaad in die Vredenburg-omgewing is gewis aan die toeneem, het die Vredenburg-polisie vandeesweek aan Weslander bevestig.

Die dorp het die afgelope naweek onder gewapende rooftogte deurgeloop waarin vuurwapens die lewe van twee mense geëis het en ses mense in verskillende voorvalle beseer is.

Die polisie het die naweek as die “ergste naweek vir geweldsmisdaad in Vredenburg se geskiedenis” bestempel.

Volgens kapt. Tania Helfrich, die plaaslike polisiewoordvoerder, werp die naweek se kommerwekkende voorvalle die kollig opnuut op die noodsaaklikheid van wapenveiligheid.

Helfrich sê saam met juwele en elektroniese ware soos selfone, tablette en televisiestelle is vuurwapens van die mees gesogte artikels op inbrekers se wenslysies. Daarom moet wettige wapeneienaars waaksaam wees en seker maak dat hulle te alle tye by die voorwaardes van hul wapenlisensies hou.

Kragtens artikel 120 paragraaf 8 a van die Wet op Vuurwapenbeheer moet ’n vuurwapen in die wapeneienaar se direkte beheer wees of by hom gedra word, andersins moet dit in ’n voorgeskrewe kluis, brandkamer of toestel vir veilige bewaring weggesluit word. As die eienaar versuim om hieraan te voldoen, kan hy of sy strafregtelik vervolg word.

Ingevolge die wet moet die wapeneienaar billike stappe doen om die verlies of diefstal van die vuurwapen te voorkom en die sleutels van die kluis of stoorplek moet in veilige bewaring gehou word.

Kapt. Helfrich het plaaslike voorvalle bevestig waarin kluise gesteel of met masjinerie oopgesny is om die wapens binne-in te bekom.

Sou ’n vuurwapen gesteel word, al was dit in ’n kluis, of ’n kluissleutel gesteel word, is dit standaard­prosedure om die wapeneienaar strafregtelik aan te kla. Helfrich verduidelik dat die dossier voor ’n staatsaanklaer sal verskyn, wat op meriete sal besluit of die wapeneienaar verantwoordelik gehou moet word.

Weslander het ook in Junie oor verskeie misdrywe berig waarin gesteelde of ongelisensieerde vuurwapens gebruik is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.