Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Waterbeperking só verslap

Inwoners in die Bergrivier se munisipale gebied sal van vandag (Donderdag 1 November) ’n bietjie meer water kan gebruik danksy vlak 4-waterbeperkings wat ingestel word.

Die besluit om die waterbeperkings van vlak 5 na 4 te verlaag, is verlede maand by ’n burgemeesterskomitee­vergadering goedgekeur.

“Die Wes-Kaap – en spesifiek die Bergrivier se munisipale gebied – beleef tans ’n bogemiddelde reënvalseisoen. Sedert Januarie tot September is 558,5 mm reën in die gebied teenoor 188,5 mm vir dieselfde tydperk verlede jaar gemeet,” het Hanlie Linde, die munisipale bestuurder, gesê.

“Die goeie reënval weerspieël ook in die dampersentasies en die gemiddelde damvlakke in die Wes-Kaapse watervoorsieningstelsel (WKWVS) het 8 Oktober op 76,2% teenoor 37,8% in die ooreenstemmende maand in 2017 gestaan.”

Vlak 4-waterbeperkings beteken huishoudings word nou tot 100 F-water per persoon per dag beperk teenoor die 50 F water per persoon per dag wat tot gister nog gegeld het.

Vlak 4-waterbeperkingsmaatreëls:

. ’n Vermeerdering in die persoonlike waterverbruik van 50 liter per persoon per dag na 100 liter per persoon per dag – 15 m³/maand – per huishouding van vyf mense;

. ’n Teikengebruik van 2,5 miljoen liter per dag na 5 miljoen liter per dag (die hele Bergrivier-munisipale gebied);

. ’n Verslapping van beperkings vir kommersiële, industriële en nie-residensiële watergebruikers van 45% na 35% (gemiddelde persentasie vir vlak 4). Dit beteken dat alle waterverbruikers minstens 35% moet bespaar;

. Beperkings op die gebruik van la
ndbouwater word van 60%- na 50%-besparing verslap (slegs van toepassing op landbouwater binne die munisipale gebied waaroor die Bergrivier-munisipaliteit jurisdiksie het); en

. ’n Verlaging in die tarief na vlak 4-tariewe (bereken op ’n 35%-besparing).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.