Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Watergehalte moet beter

Daar lê baie werk voor om St. Helenabaai se watergehalte te verseker, het rolspelers by die jaarlikse St. Helenabaai Watergehalte Trust gehoor.

Dié trust (SWT) het Donderdag ’n opedag gehou waar dr. Barry Clark, van Anchor Environmental, uitgebrei het oor die stand van watergehalte in die gebied. “ ’n Groot deel van St. Helenabaai is redelik gesond. Ons vind mikro-organismes wat sensitief vir hul omgewing is in groot dele van die gebied, maar hulle verdwyn hoe nader jy aan die visfabrieke beweeg,” sê Clark.

Die gebrek aan mikro-organismes spreek tot die watergehalte by die vis­fabrieke se waterafvoer, meen Clark.

Bedreigings vir die baai en die nabygeleë Berg-estuarium sluit afvalwater van die nywerhede, munisipale afvalwater, akwakultuur, ontsoutingsaanlegte en stormwater in.

Die jaarlikse baggerwerk (dredging) van die Port Owen-marina kan ook ’n invloed op watergehalte hê, maar die risiko vir ’n negatiewe impak is laag, het die verslag bevind.

Daar is egter groot kommer ná die jaarlikse toetse deur die trust. Altesaam 14 van die trust se toetspunte in St. Helenabaai en dele van die Berg-estuarium word as “swak” geklassifiseer. Die 14 punte behels, onder meer Amawandla, Jaloersbaai, Oranjevis, Lucky Star, Sunfish, West Point Processors en Sandy Point-hawe.

“Dié gebiede is ’n gesondheidsrisiko wat met visverwerking gepaardgaan,” sê Clark.

Verbeterde watergehalte is by Da Gama Momument-strand, tussen Lucky Star en Oceana Lobster, waargeneem. Waterliefhebbers wat gereeld Port Owen, die visvangplek onder die Carinusbrug, Laingville-strand, Hannasbaai en sekere gebiede binne die Sandy Point-hawe besoek, hoef nie bekommerd te wees oor die toestand van dié water nie.

Clark het die trust aangespoor om meer gereelde en uitgebreide toetse te doen. Hy het ook die belangrikheid van nakoming van wette beklemtoon.

“Daar is verskeie wette wat watermassas, insluitend estuarium en baaie beskerm.

“Hierdie wetgewing beteken onder meer dat afvalwater aan sekere vereistes moet voldoen voordat dit op ’n voorgeskrewe afstand in die oseaan gestort kan word,” het hy gesê.

Melissa Lintnaar-Strauss, amptenaar van die Wes-Kaapse departement van water en sanitasie, het onlangs by die Saldanha Bay Water Quality Forum Trust (SBWQTF) se opedag gesê die departement is besig om te kyk hoe die Weskus se waterbronne beter beskerm kan word.

Die Berg-estuarium, saam met die Langebaanstrandmeer, word as van die belangrikste waterbronne in die streek gesien.

Volgens die voorsitter van die St. Helenabaai Watergehalte Trust, Titania Stefanus-Zincke, ook omgewings- en maatskaplike risikodirekteur by die Oceana-groep, is die trust se plan dat die plaaslike nywerhede saam finansiering aan die organisasie bied om gereeld die watergehalte te toets.

“Dit is goedkoper vir die trust om die monitering te doen as wat dit sou wees vir elke individuele fabriek om self die toetse te behartig. Een van die voorwaardes vir sakeondernemings se kuswaterafvoerpermit is om hierdie toetse in elke geval te laat doen,” verduidelik Stefanus-Zincke.

Nywerhede wat afvalwater in die see stort, het elkeen ’n kuswater-afvoerpermit nodig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.