Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Wees waaksaam’ – digitale bedrog styg met 20%

Volgens die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) wat pas sy misdaadstatistieke vir 2019 namens die Suid-Afrikaanse bankbedryf bekend gestel het, het die strategieë wat deur banke en vennote ingestel is om bankverwante misdaad hok te slaan, vrugte afgewerp.

In 2019 het verwante rooftogte landwyd met 2% afgeneem. Hierdie soort misdrywe behels gevalle waar mense wat op pad na ’n bank was beroof is, of aangeval is terwyl hulle van ’n bank of OTM af gekom het.

Die Wes-Kaap is een van drie provinsies wat die hoogste afname in hierdie soort misdaad getoon het.

Die Wes-Kaap staan ook uit as een van die provinsies wat die hoogste afname in OTM-aanvalle getoon het. Hierdie misdaad het met 9% gedaal.

Die totale bruto verliese op kaarttransaksies in Suid-Afrika beloop R428,6 miljoen. Dit is ’n daling van 2% in vergelyking met die vorige jaar.

Die vervalsing van kaarte het met 44,8% vir kredietkaarte gedaal en met 34,8% vir debietkaarte.

Digitale bankbedrog het egter met 20% toegeneem.

“Ons banke het goeie veiligheids­maatreëls om digitale bedrog te verminder. Misdadigers weet dit en gebruik daarom manipulerende, sosiale taktiek om kliënte te kry om hul persoonlike en vertroulike inligting te deel, wat die skelms in staat stel om die kliënt se geld te onttrek,” verduidelik Nischal Mewalall, uitvoerende hoof van Sabric.

“Dit is opmerklik dat die finansiële verlies weens bedrog wat met digitale banktoepassings gepaard gaan, met slegs 1% gestyg het.

“Dit in die lig van banke wat ’n enorme poging aanwend om die gebruik van hierdie soort transaksies onder hul kliënte te verhoog,” aldus Sabric se verklaring.

Aan die Weskus sukkel die polisie ook met voorvalle van bedrog en digitale bedrog. Skelmstreke om mense uit hul geld te kul, is algemeen. Ook is OTM-slenters en rooftogte op mense wat kontant by hulle dra ’n groot probleem vir die polisie – veral in Vredenburg en Saldanha.

“Die polisie kommunikeer gereeld veiligheidswenke met inwoners om te verhoed dat hulle slagoffers van roof en bedrog word,” verduidelik Tania Helfrich, polisiewoordvoerder namens die Vredenburg-kluster. Die kluster bestaan uit tien plaaslike polisiekantore.

Ten spyte van waarskuwings, trap talle mense steeds in slinkse skelms se strikke.

Helfrich maan die publiek om liefs ekstra waaksaam en paraat te wees vir digitale bedrog, nie toe te laat dat iemand hulle by die OTM help nie en ook nie onnodig kontant saam met hulle te dra wanneer hulle iewers heen stap nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.