Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Werknemer sien rooi oor munisipaliteit

Johnny Rooi meen sy werkgewer het hom gefaal.

Rooi is ’n bekende gesig in Diazville en werk reeds jare lank as opsigter by die Tabakbaai-stortingsterrein. Hy woon ook op die Tabakbaai-oord se perseel.

Rooi meen die munisipaliteit het hom nie genoeg ondersteun nadat hy glo by die werk aangerand is nie. Rooi beweer ’n inwoner het in Julie die stortingsterrein besoek en oor die blombedding en gras by die terrein gery.

Rooi het voorheen in Weslander verskyn vir die kreatiwiteit waarmee hy juis dié gedeelte van sy werksplek verfraai. Volgens Rooi het hy die man aangespreek omdat hy oor die tuintjie gery het waarna ’n fisieke onderonsie uitgebreek het. Hy beweer die man het ook rassistiese aanmerkings gemaak.

Marius Koen, burgemeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit, het ná die voorval gesê ’n interne ondersoek is van stapel gestuur. “Na aanleiding van die bevindings van die interne ondersoek sal verdere stappe moontlik geneem word,” het Koen in ’n verklaring laat weet.

Rooi sê dié verklaring is net sodat die munisipaliteit homself kan beskerm.

Ivor Jacobs, ’n plaaslike wyksraadslid, sê hy was ontstoke nadat hy van Rooi se voorval gehoor het.

Jacobs het ook vir Rooi gehelp om sy saak by die polisie aan te meld.

“My hart is regtig seer vir Johnny, maar ek belowe jou net soos ek almal in die Weskus vertel het van sy mooi handewerk sal ek sorg dat hierdie [beskuldigde] nie wegkom met wat hy aan hom gedoen het nie,” sê Jacobs.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.