Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Weskus groet sportman

Ná jare van betrokkenheid en passie groet die Weskus Dennis Roberts nadat dié sportman verlede week oorlede is.

Hoewel hy oorspronklik van Heidelberg was, is dit aan die Weskus dat Roberts diep spore in die sportwêreld getrap het.

Hy het as jongman reeds in sport uitgeblink en is in sy matriekjaar in 1997 as beste agterspeler van die Young Peoples aangewys.

Diegene wat Roberts geken het, meen sy naam was sinoniem met dissipline. Hy was altyd vol planne en het nooit “nee” vir ’n antwoord aanvaar nie, aldus ’n oudkollega, Abram Boltney.

As kranige jong vleuel het Roberts behoorlik naam gemaak. Volgens dié wat hom destyds op die veld gesien het, was hy van die vinnigstes in sy tyd en kon beswaarlik geklop word as hy die bal in die hand gehad het. Roberts het hom ook by die rugbyunies van die SWD en WP Platteland laat geld.

Roberts het in 1981 die eerste keer by Diazville Primêr betrokke geraak en is later ’n ent verder af in die pad om by die sekondêre skool hand by te sit. Roberts is in 1983 terug na die Laerskool Diazville waar hy in April 1998 ná amper twee dekades ’n skeidingspakket geneem het.

Dit was egter nie die einde van Roberts se loopbaan nie en hy het jare daarna steeds by skole in St. Helenabaai, Louwville, Klawer, Clanwilliam en Moorreesburg uitgehelp.

Benewens sy werk by skole was Roberts ook ’n stigterslid van die Saldanha Marines waar hy saam met oom Whitey, Daan Appollis, Jan Solomons, Anton Botha en Gert Koenana in die apartheidsera by die rugbyklub gedien het.

Daar was min sportkodes waarby Roberts nié betrokke was nie. Hy was ’n administrateur en het in die Wes-Kaapse skolesportunie in rugby, krieket, atletiek en gimnastiek gewerk. In Diazville was hy ook voor­sitter van die tennisklub.

Roberts sal veral deur die Diazville-gemeenskap onthou word vir sy betrokkenheid en sal deur oud en jonk gemis word.

. ’n Begrafnisdiens word Saterdag 4 Augustus om 10:00 in die Hoërskool Diazville se skoolsaal vir Roberts gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.