Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Weskus-munisipaliteite vir gesonde geldsake geprys

PIKETBERG – Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal van Suid-Afrika, het die gesamentlike oudit-uitkoms vir plaaslike regering vir die 2018-’19-boekjaar op 1 Julie in ’n verslag uitgereik.

In dié verslag beskryf hy ’n onwenslike situasie van miljarde rand wat aan munisipaliteite toegeskryf word wat “teenstrydig met die voorskrifte van erkende rekenkundige praktyke bestuur word”.

Hy waarsku dat dié situasie van gebrekkige administrasie en bestuur op powere aanspreeklikheid dui en “kan tot die misbruik van die publiek se beursie lei”.

Uit die 213 oudits wat gedoen is, was munisipaliteite wat wenslike oudit-uitkomste behaal het, in die minderheid.

’n Handjievol presterende munisipaliteite is egter in Makwetu se verslag uitgelig.

Altesaam 13 munisipaliteite in die Wes-Kaap het skoon oudits ontvang en is deur die ouditeur-generaal uitgesonder.

Die Weskus-distrik se plaaslike munisipaliteite – Bergrivier, Saldanhabaai en Cederberg – is drie van die 13 wat eerbare vermelding vir die bestuur van hul geldsake ontvang het.

“Hierdie munisipaliteite se finansiële state dui op verantwoordelike besteding, waarde vir geld, noukeurige invorderingspraktyke, bates wat in stand gehou en beveilig word en sorgvuldige beleggings of besparings vir noodgevalle en toekomstige projekte. Hulle kom hul ooreenkomste met krediteure en die gemeenskap na,” skryf Makwetu.

Volgens die nuutste Good Governance Africa (GGA) -indeks (2019) het Weskus-distrik se plaaslike munisipaliteite ook puik gevaar. Die indeks oordeel munisipaliteite nie net aan geldsake nie, maar op verskeie regeringsgebiede. Die Swartland-munisipaliteit het die derde plek landswyd op die ranglys behaal, Bergrivier die agste plek, Cederberg die 12de plek, Matzikama die 13de plek en Saldanhabaai die 21ste plek.

Die verslag is Makwetu se laaste munisipale ouditverslag aangesien sy sewejaartermyn op 30 November tot ’n einde kom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.