Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Weskus se skones almal onder een dak byeen

Saterdagaand is die skoner geslag se innerlike en uiterlike prag by ’n spoggeleentheid aan die Weskus gevier.

Op 25 Augustus het plaaslike skoonhede op ’n galageleentheid meegeding om die onderskeie titels van die Mejuffrou Weskus-kompetisie wat deur West Coast Pageants & Events gereël is. Die vroue en meisies wat met die louere weggestap het, dring deur na die streekkompetisie wat in 2019 gaan plaasvind. Die wenners van die streek sal die geleentheid kry om oorsee aan ’n internasionale kompetisie in Amerika te gaan deelneem.

West Coast Pageants & Events bedank almal wat bygedra het om van die dag ’n sukses te maak.

Saterdagaand se wenners is soos volg:

Miss West Coast Velddrif: Monique Lensing

Miss West Coast Vredenburg: Karisna Kotze

Teen West Coast Vredenburg: Alvina Faro

Mrs West Coast Saldanha: Thomanda Sheldon

Mrs West Coast Elite Langebaan: Louise Nortje

Teen West Coast Velddrif: Monica Higgins

Miss West Coast Saldanha: Stephanie Botha

Miss West Coast Langebaan: Ntando Nkosi

Mrs West Coast Elite Saldanha: Raylene Fredricks

Miss West Coast Vanrhynsdorp: Marelise Erasmus

Teen West Coast Vanrhynsdorp: Juan-Marie le Roux

Mrs West Coast Elite Vanrhynsdorp: Debbie le Roux.

. West Coast Pageants & Events wil graag almal bedank wat die dag ’n sukses help maak het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.