Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Weskussers help in droogtenood

Daar ís hoop in die droogtegeteisterde Noord-Kaap.

Boere Droogtehulp SA, ’n organisasie sonder winsbejag, onder leiding van Chris van Beljon het voorverlede naweek (19 en 20 Oktober) verligting gebring aan sowat 50 boere en hul gesinne in die droë Vosburg-distrik in die Noord-Kaap.

Te danke aan Chris en sy span, asook ruim skenkings veral uit die Weskus, het dié gesinne weer hoop vir die toekoms.

Lisa Swanepoel het Chris geskakel vir hulp vir dié dorp. Lisa is die dogter van Mauritz en Helen van Heerden, boere van Vosburg.

“Boere Droogtehulp SA het ingestem om ons te kom help en Chris en sy span het met 52 voertuie met sleepwaens voer vir die diere gebring, asook groente, kruideniersware en geskenke vir die boere – al die pad van Rustenburg en die Wes-Kaap. Chris en sy span het veilige begeleiding deur Kimberley ontvang deur Afriforum, die verkeersdepartement, die brandweer, ens. Mense het gehuil van vreugde. Verrigtinge is die Saterdag­oggend met gebed geopen en na afloop van alles weer met ’n dankseggingsdiens by die NG gemeente Vosburg afgesluit,” het Lisa gesê.

Boere Droogtehulp SA het Manne op ’n Missie deel van hulle uitreik gemaak. Manne op ’n Missie het 60 ton mielies saamgeneem.

Boere Droogtehulp SA se vrag het bestaan uit 982 groot bale, 221 klein bale, 30 sakke voerpille, 45 sakke hondekos, 229 sakke mieliemeel en 386 sakke hoendermis.

Lisa het die inkopieskenkings uit Vredenburg en omliggende dorpe in ontvangs geneem. Die Pick n Pay, geleë by die Ipic-sentrum in Vredenburg, het kospakkies en toiletpapier aan elke gesin geskenk. Vroue is bederf met geskenkies aangesien hulle al vir baie lank met die minste moet klaarkom, want mense gebruik al hulle beskikbare geld om voer aan te koop.

“Boere het weer hoop gekry deur hierdie wonderlike voer wat verligting bring. Vosburg gaan al meer as vier jaar gebuk onder erge droogte en boere is bekommerd dat die veld lank sal neem om te herstel wanneer dit wel reën.

“Ons harte is nederig en dankbaar. Eer aan God vir hierdie engele wat Hy gestuur het om ons te kom help toe ons moedeloos geword word,” getuig Lisa.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.