Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wittekruin-tehuis vorder fluks met geriewe vir almal

Danksy skenkings, byeenkomste en spesiale geleenthede in 2019 kon Huis Wittekruin-tehuis vir bejaardes en leefreg-inwoners in Vredenburg broodnodige toerusting koop en selfs die dak laat regmaak.

Volgens Karin Hubbard, die bestuurder, is die geld onder meer ingesamel met ’n spoggerige wynveiling, die gewilde jaarlikse basaar, die massaverkope van kerrie en rys, ’n sakeontbyt, ’n verskeidenheidskonsert en ’n opedag.

Sy bedank elkeen wat tot dié geleenthede bygedra het opreg.

’n Wasmasjien, ’n suurstofmasjien, ’n sitweegstoel en bykomende mediese toerusting kon dus aangeskaf word.

Inwoners se veiligheid geniet groot voorkeur en daarom is nuwe rookalarms aangebring, ’n gewapendereaksiestelsel ingestel en veiligheidshekke by drie woonstelle wat dit nie gehad het nie, aangebring.

Nog personeel is aangestel en opknappings aan die hele oord het begin met die verf van die binnemure.

Nog groot projekte was die opgradering van die warmwaterstelsel, die herstel van die ouetehuis se dak en ’n nuwe biblioteek.

Die geld het ook toegesien dat genoegsame breekware, messe en vurke en ander kombuistoerusting aangeskaf kon word sodat die inwoners in een sitting kan eet.

Ekstra linne is ook gekoop.

Die inwoners het reeds die nuwe piekniek-braaigebied wat vir hulle gebou is, met ’n vleisbraaiery ingewy.

Die res van die geld het daartoe gelei dat inwoners ekstra proteïene by ontbyt kan kry en ’n spesiale Sondagete word maandeliks voorgesit. Die tehuis is afhanklik van skenkings van groente (aartappels) en nie-bederfbare produkte soos rys.

Die aftreeoord en tehuis val onder Badisa, en hul wenslys vir 2020 sluit in ’n nuwe veilige voordeur, hospitaalbeddens, rolstoelvriendelike vervoer, senior verpleegpersoneel, nog linne en handdoeke, die voltooiing van die verfprojek binne en buite, vervanging van die teerblad en ’n saal vir gesellighede.

Nog ’n enkele versugting is ’n dokter wat die tehuis gereeld kom besoek.

Programme waaraan die inwoners kan deelneem, is aandgodsdiens, sang en boekvoorlesing, liggaamsoefeninge, bingo, ’n haarsalon, handwerk, fliek en ’n verskeidenheid praatjies.

Hubbard vra dat enigiemand wat ’n bydrae wil lewer, hetsy met ’n skenking of met hul tyd, haar asseblief by 022 713 2239 bel of e-pos stuur na bestuurder@wittekruin.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.