Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Woede oor grond

Bande het gebrand en wetstoepassers is verlede week bygekom toe inwoners van nedersettings in Vredenburg en Moorreesburg besluit het hulle het lank genoeg gewag vir behuising.

Die ingang van George Kerridge is Donderdag 3 Mei met brandende bande versper nadat wetstoepassers en gemeenskapslede van die Tsitsiratsitsi-buurt gebots het. Gemeenskapslede het Donderdag glo besluit om erwe vir hulself uit te merk om informele huise op te bou.

“Die mense van Tsitsiratsitsi woon daar omdat hulle geen ander heenkome het nie. G’n mens kies om daar te woon nie. Hulle betaal huur, maar hulle kry geen amptelike dienste nie,” sê raadslid Goodman Sipholi.

Die grond wat die inwoners wou beset, is reeds deur die Saldanhabaai-munisipaliteit opsygesit vir behuising.

Munisipale wetstoepassers het die strukture afgebreek. Een van die munisipaliteit se voertuie is beskadig toe ’n klip die voorruit getref het.

Volgens die munisipale bestuurder, dr. Pierre Voges, is daar planne om teen Julie en Augustus gedienste erwe in George Kerridge-Suid en Smartie Town aan inwoners beskikbaar te stel.

Die wetlike vereistes vir ontwikkeling is reeds goedgekeur.

In George Kerridge-Suid sal 512 gedienste erwe uitgemeet word wat sowat 1 024 huishoudings kan huisves. Die nabygeleë Smartie Town sal 53 formele erwe kry waar 104 gesinne sal kan intrek.

Die buurte sal vir eers gemeenskaplike krane en chemiese toilette hê.

Teen Dinsdag was daar steeds verskeie stokke in ’n oop stuk veld naby George Kerridge te sien waar inwoners verlede week hul “erwe” uitgemerk het.

Vrydag 4 Mei het inwoners van Sibanye Square in Moorreesburg ook glo besluit hulle is moeg gewag vir huise.

’n Groep van dié nedersetting het vermoedelik hul ongelukkigheid bekend gemaak deur winkels in die dorp aan die brand gesteek. Swartland Gazette, Weslander se susterskoerant, berig sowat 300 mense wou glo na ’n DA-raadslid se woning opruk om behuising te eis. Volgens sers. Nicolette Visagie, Moorreesburg-polisiewoordvoerder, is die polisie ontbied nadat betogers raadslid Marlene van Zyl se huis met klippe bestook het.

Die groep het later deur die middedorp beweeg en ondernemings en eiendomme probeer beskadig.

Rubberkoeëls is gebruik om die skare uiteen te dryf.

. Residents of George Kerridge in Vredenburg and Sibanye Square in Moorreesburg took to the streets to express their dissatisfaction with the current housing situation. George Kerridge residents took to marking out their plots from land that has been identified for housing while Moorreesburg residents demanded answers from their councillor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.