Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wyn vloei soos rivier

’n Toneel wat vir menige wynliefhebber ’n hartseer-saak sou wees, het Dinsdag by Darling Cellars afgespeel toe liters wyn uitgeloop het.

’n Wyntenk het vandeesweek by die bekende Swartland-wynkelder omgeval en liters rooiwyn het uit die gebou gestroom.

Die kelder het die voorval in ’n verklaring as “traumaties” beskryf.

Volgens Riaan de Waal, besturende direkteur van Darling Cellars, blyk dit een van die voetstukke van die tenk het ingegee en die hele houer laat omtuimel.

“Ons kan nog nie in hierdie stadium sê hoeveel liter wyn dit was nie. Ons pomp nog wyn van een tenk na die ander en stel nog ondersoek in,” het hy Woensdag aan Weslander verduidelik.

Die tenk kan egter 50 000F hou.

“Hoewel die verlore wyn ’n finansiële verlies is, is ons bly niemand is in die voorval beseer nie. Dit kon soveel erger gewees het,” lui die verklaring.

Sommige mense op sosiale media was egter vinnig met hul teorie oor presies wat gebeur het. Iemand wat foto’s op Facebook gedeel het van die wyn wat soos ’n rivier oor die perseel vloei, het gesê dié kelder loop onder sabotasie deur.

Ander verbruikers se emosies het gewissel van skok tot hartseer.

Darling Cellars is ’n veel bekroonde wynkelder en het talle bekroonde wyne. Onder sy uitblinkers is sy SA merlot-kampioen (gehout) en rooi-versnit shiraz/pinotage (gehout), wat verlede jaar deur die SA Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV) in samewerking met Agri-Expo gekroon is.

Kelders en wynmakers oor die land heen het ’n ongewone, moeilike jaar agter die rug met die verskeie alkohol-verbodde as deel van die nasionale Covid-19-inperkingsmaatreëls.

Landbouweekblad het in Februarie berig altesaam 200 200 werkgeleenthede in die drankwaardeketting was “in die weegskaal weens dié verbod en Suid-Afrika het bykans R52 miljard aan bruto binnelandse produk verloor”.

De Waal sê die wyn wat uitgeloop het, was dié van die 2021-oesseisoen.

Die Darling Cellars-span het verseker die verlies aan wyn Dinsdag sal nie ’n invloed op sy huidige wynverskaffing hê nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.