Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Zoutman wil platform skep

Pas terug in sy tuisdorp, Piketberg, het Tyron Zoutman besluit om in sy gemeenskap terug te ploeg.

Tyron is ’n danser, sanger en choreograaf wat van jongs af sy passie vir die uitvoerende kunste uitleef. Hy het bo sy omstandighede uitgestyg en al talle mylpale bereik.

Hy het onder meer sy eerste musiek-hoofrol as Repelsteeltjie vertolk, uitvoerende kuns by Northlink Kollege aangebied en twee maatskappye gestig – die Zoutman-dansmaatskappy en Lekker Jy? Produksies.

Tyron beplan om met sy ondervinding en liefde vir die uitvoerende kunste twee konserte in Maart aan te bied met die gedagte om bekendes in die plaaslike musiek- en vermaakbedryf betrokke te kry. Hy het ook die visie om plaaslike kunstenaars deel te maak van die konsert sodat hulle ook die nodige blootstelling kan kry en ’n nuwe ervaring kan beleef.

Die plaas-khoi-jazz-konsert is vir alle jazz-liefhebbers en vir dié wat die mooi musiek van Distrik 6 gemeng met die bekende klanke van Freshly Ground tot Zakes Bantwini sal geniet. Sy tweede konsert, Let there be light – gospel extravaganza is vir diegene wat graag na Joyous Celebration, die sanger Dumisani en ander luister.

Tyron sê een van sy doelwitte is om die geld van kaartjieverkope te gebruik om die plaaslike gemeenskap te help met die nodige hulpbronne om hulle teen Covid-19 te beskerm.

“Dit sluit in maskers, ontsmettings-middels en enige ander benodigd­hede,” sê hy.

“Ek wil ’n platform oopmaak vir jong kunstenaars in moeilike omstandighede wat hul talent vir dans, musiek en die teater wil vertoon en terselfdertyd teruggee aan my gemeenskap.”

Tyron sê hy wil werk skep vir die kunstenaars wat tans in die bedryf sukkel en het sodoende skenkings en borge nodig om die konserte ’n werklikheid te maak.

Mense en borge wat wil en kan help, kan Tyron bedags by 063 967 2997 bel of e-pos na zoutmantyron@gmail.com stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.