Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Sea Harvest spog met groei

Sea Harvest het pas sy resultate vir die boekjaar tot einde Desember uit­gereik en spog met ’n groei van 16% in bedryfswins tot R389 miljoen.

Felix Ratheb, uitvoerende hoof, sê dit was ’n baie besige jaar vir die groep, met groot beleggings om die onderneming te diversifiseer en om transformasie en volhoubaarheid te verseker. Viking Fishing en Viking Aquaculture is in die boekjaar oorgeneem en ’n tweede vaartuig met vriesgeriewe is gekoop.

Dit sal Sea Harvest help om die inter­nasionale mark beter te bedien. Die groep het ook nuwe tegnologie van Ysland in sy fabriek in Saldanha geïnstalleer om doeltreffendheid te verbeter. Die groep het ’n dividend van 40c per aandeel verklaar, wat 29% meer is as die vorige jaar s’n. Die wesensverdienste per aandeel is wel net 4% hoër op R1,12 weens verwatering nadat meer aandele uitgereik is.

Dit is weens R38 miljoen se nuwe Sea Harvest-aandele wat aan ’n personeeltrust van Viking toegeken is. Sea Harvest is 80% onder swart beheer en doen sake in Suid-Afrika, Namibië en Australië.

Die groep het in Januarie sy oorname van Ladismith Cheese beklink en in Februarie ’n aanbod gemaak om die oorblywende 44% van die Australiese garnaal-onderneming, Mareterram, wat hy nog nie besit nie oor te neem.

Mareterram, die Australiese onderneming, vang garnale, kammossels en inkvis aan die kus van Wes-Australië. Viking Fishing vang onder meer stokvis, koningklip, sardyne, snoek en pienk garnale. Viking Aquaculture het perle­moenplase by Buffeljags aan die Suid-Kaapse kus en by Kleinzee aan die Namakwalandse kus. Hy besit oesterplase by Lüderitz in Namibië, asook by Saldanhabaai waar mossels ook gekweek word. Sy afdeling Molapong Aquaculture produseer reënboogforel op ses verskillende plase in die Wes-Kaap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.