Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Syfers wys bruide raak haastig vir trou

Meer as vier uit tien huwelike in Suid-Afrika haal nie tien jaar nie.

Hierdie week word SA huweliksweek van 1 tot 7 September gehou en vanjaar word gefokus op die welstand van die huwelik om te voorkom dat egpare deel word van dié statistieke.

Hoe lyk die nuutste syfers rakende troukoors? Volgens 2016 se statistiek was daar ’n toename van 12,3% in burgerlike huwelike sedert die vorige jaar, met sowat 37,1% hiervan wat in Gauteng voltrek is. Dit wil voorkom of millenniërs ietwat skugter is vir die ring aan die vinger.

As ’n mens kyk na ouderdom, is bruidegomme steeds gemiddeld 36 jaar oud wanneer hulle trou. Maar dit lyk asof bruide haastig is. Of hulle dapperder is of minder loopbaangerig is, weet ’n mens nie, maar waar hulle in 2015 op gemiddeld 34-jarige ouderdom getrou het, trou vroue in 2016 op ’n gemiddelde ouderdom van 32 jaar.

Sover dit ouderdomsverskille tussen die twee partye betref, wil dit lyk asof Suid-Afrika steeds tradisioneel is en 76% bruidegomme was in 2016 ouer as hul bruide.

Die meeste egskeidings het in 2005 plaasgevind met 32 484 en die laagste egskeidingsyfer was in 2011 met 20 980 gevalle.

Die jongste statistieke toon dat ’n raps meer as die helfte van alle egskeidings deur vroue geïnisieer word.

Die invloed van egskeidings op kinders is verreikend. Navorsing toon dat kinders uit geskeide gesinne meer geneig is om ’n agterstand te hê op akademiese, gedrags- en psigologiese vlak.

Wanneer ras in ag geneem word, is bevind dat wit mense se huwelike die kortste duur en dat 22,6% van hul huwelike skaars vyf jaar haal. Maar waar sowat 40% van alle egskeidings in 2003 onder die wit bevolking was en 24,3% onder die swart bevolking, het dié situasie bykans omgekeer. In 2016 is 42% van alle geskeides swart Suid-Afrikaners en 24,8% is wit. Gedurende dié periode het die egskeidingsyfer onder bruin mense en Indiërs min of meer dieselfde gebly.

Wilmé Steenekamp, kliniese sielkundige en seksuoloog, sê die samelewing verander en dit is dus onvermydelik dat huwelike ook gaan verander.

“Sê wat pla, onderhandel met mekaar oor bevrediging van behoeftes. Beplan hoe om voortdurend te bou aan jou verhouding. Elke party in ’n huwelik het ’n gelyke verantwoordelikheid om aan die sukses van hul huwelik te werk,” sê Wilmé.

Sy meen dit is belangrik vir ’n paartjie om te vra: “Wat is die doel van ons huwelik?” En om dan te doen wat nodig is om fokus op hierdie doelwit te behou.

Word vanjaar deel van SA huweliksweek wat van 1 tot 7 September plaasvind deur te registreer op www.sahuweliksweek.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.