Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Voorsitter ’n vrou van haar woord

1. Vertel ons ’n bietjie meer oor jou agtergrond en jou sakevernuf?

Ek was vir byna 20 jaar in die korporatiewe wêreld waar ek onder meer op finansies en opleiding in kritiese denke gefokus het. In 2004 het ek die wêreld van entrepreneurskap betree en die afgelope tyd fokus ek op die verkoop en bemarking van eiendomme asook sake-eenhede.

2. Wat is die rol van ’n sakekamer in die gemeenskap?

Die grootste rol van ’n sakekamer is die skepping van welvaart in die omgewing. Inklusiwiteit moet aan die order van die dag wees om samewerking tussen sakeondernemings, die munisipaliteit en ander staatsinstellings te fasiliteer.

3. Wat is ’n waardevolle les wat sakewêreld jou geleer het? Ek het geleer om nooit te gou tou op te gooi nie en hard te werk. Welvaart gebeur oor ’n tydperk. So, daar is nie kort paaie nie.

4. Watter waarde voeg jy tot die sakekamer­bestuur toe? Ek glo my kennis van die sakewêreld, ons land se politieke landskap asook die uitwerking wat dit op ekonomiese groei en ontwikkeling het, is my beste kwaliteite. My verwysingsraamwerk is omgee en om ’n verskil te maak. Netwerk is ’n sterkpunt en ek sal ’n Weskus-ambassadeur wees om beleggers na die mooi streek te lok. Ek is ’n kreatiewe denker en hou van uitdagings.

5. Wat is jou visie vir die Weskus se ekonomie?

Ek wil die Weskus bemark as ’n location of choice vir die sakegemeenskap. Ons streek bied so baie en entrepreneurs moet positief wees en geleent­hede kan raaksien ten spyte van uitdagings soos werkloosheid en politieke onstabiliteit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.