Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Agterbaaiers byt vas

St. Helenabaai het Saterdag op sy tuisveld die span van Vredenburg in ’n spannende stryd met 19-13 geklop nadat hy rustyd 11-10 voor was.

Die Agterbaaiers het met die oorwinning hul derde plek op die Grootuitdaagreeks van die Weskus se punteleer verstewig en is nou net drie punte agter Pella.

Die besoekers het eerste bloed geruik met ’n strafskop en die tuisspan het stadig maar seker sy ritme gevind. Die tuisspan se woelwaterhaker, Diego Talmakkies, het die tuisspan se eerste drie gedruk nadat die hulle die druk volgehou het.

Raymond Papier het misluk met die doelskop, maar het later wel geslaag met ’n strafskop en het ook ’n goeie skepskop oorgeklits nadat die besoekers ’n verdoelde drie behaal het.

Die spanne het ná rustyd mekaar behoorlik opgekeil en die skaal kon enige kant toe swaai. Die besoekers, wat verskeie kanse geskep het, is egter met rotsvaste verdediging verhinder om punte aan te teken. Vredenburg kon slegs ’n strafskop in die tweede helfte oorskop.

Dino Snyders, senter van die tuisspan, het egter die besoekers se hoop op ’n oorwinning gedemp toe hy oor is vir ’n onverdoelde drie met Papier wat die laaste sê gehad het toe hy nog ’n strafskop oorgeklits het om die oorwinning te verseker.

Die Agterbaaiers sal die naweek eers ’n ruskans neem voordat die span die laaste geplaaste Mamre in ’n wegwed­stryd sal takel. Vredenburg, wat ’n wedstryd minder as die ander spanne gespeel het, is tans in die vyfde plek met 23 punte en benodig dringend nog oorwinnings.

. Vredenburg sal Saterdag na Mamre reis waar ’n honger span op hom wag. Saldanha het op sy tuisveld die besoekers uit Velddrif behoorlik oorskadu met ’n oorwinning van 41-12 nadat hy rustyd 20-12 voor was. Die Baaienaars het met die oorwinning hul voorsprong op die punteleer tot sewe punte vergroot en is tans nog die enigste onoorwonne span in die streek.

Saldanha sal Saterdag op sy beste moet wees as hy die gekweste Lange­baan op laasgenoemde se veld wil troef. Langebaan het Saterdag aan die agterspeen teen Mamre gesuig toe hy in Mamre met 36-37 vasgeval het. Die Langebaners sal wil vergoed vir dié nederlaag. Langebaan het ten spyte van die nederlaag die vierde plek behou, maar met slegs enkele punte wat die span van die sewende geplaaste span skei, is enigiets moontlik.

Paternoster het Saterdag in Pella die onderspit met 19-29 teen die tuisspan gedelf. Pato sal die naweek teen Hopefield wil vergoed op sy tuisveld en ’n plek op die punteleer wil opskuif.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.