Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Agterbaaiers wen met mag

St. Helenabaai het Saterdag op sy tuisveld ’n goeie oorwinning van 41-23 oor die besoekers van Hopefield behaal.

Die tuisspan, wat die besoekers by tye toegelaat het om binne bereik van ’n oorwinning te kom, het hulself in die tweede helfte reggeruk om die oorwinning te beklink.

Die besoekers het hul eie ondergang bewerk met swak hanteerwerk en verskeie kanse met punte, wat verspeel is.

Die Agterbaaiers, wat in ’n stadium met 24-23 voor was, het later in die tweede helfte die krane behoorlik oopgedraai om die wedstryd maklik te wen.

St. Helenabaai, wat tans in die vyfde plek op die punteleer is, het die vierde plek in sy visier as hy Mamre, wat tans in dié posisie lê, volgende naweek (15 Junie) in ’n wegwedstryd pak.

Saldanha het sy eerste ronde onoorwonne afgesluit deur Young Hearts op die grafkelder met 20-15 te klop.

Saldanha, wat rustyd reeds met 13-5 voor was, moes in die laaste 10 minute alles in die stryd werp om ’n oorwinning te verseker. Young Hearts het nooit hand­doek ingegooi nie en het tot aan die einde van die wedstryd alles gegee.

Slegs goeie verdediging het die tuisspan gekeer om die wenpunte aan te teken.

Saldanha was by tye kwesbaar as die tuisspan hulle laat omdraai het, maar het nooit onder die druk gevou nie.

Ook Young Hearts het die naweek die vierde plek in sy visier as hy na Hopefield reis en hoop Mamre en St. Helenabaai speel gelykop.

Vredenburg het ook op sy tuisveld ’n goeie oorwinning van 27-18 oor Mamre behaal en ook sy tweede plek behou.

Vredenburg pak Saterdag vir Langebaan en sal wil seker maak hy sluit die eerste ronde in die tweede plek af.

Langebaan, wat Velddrif Saterdag in ’n wegwedstryd met 41-30 geklop het, het egter ook die tweede plek in sy visier en ’n bonuspuntoorwinning kan die twee spanne saam in die tweede plek laat eindig met Vredenburg wat ’n beter punteverskil het.

Paternoster, wat die naweek ’n loslootjie gehad het, pak Velddrif Saterdag tuis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.