Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Agterosse kom ook in kraal

Langebaan het Saterdag op sy tuis­veld met 23-24 teen ’n begeesterde Velddrif-span vasgeval.

Die nederlaag beteken dat Langebaan, wat slegs een wedstryd oor het, laaste kan eindig terwyl Velddrif en St. Helenabaai kop aan kop om die derde plek meeding.

Met die spanne wat skitterend verdedig het, het die besoekers gewys hulle is die hongerste van die twee spanne.

Langebaan, wat die meeste van die tyd voorgeloop het, kan die skuld net op homself plaas vir die nederlaag en kon nie die uitklophou plant nie. Langebaan se enkele bonuspunt kon dalk net sy bas red.

Hopefield en Mamre pak mekaar die naweek. Die verloorder in daardie wedstryd se kanse op oorlewing gaan byna nul wees aangesien slegs vyf punte die laaste drie spanne skei. Langebaan sal die naweek ’n blaaskans geniet voordat hy teen Vredenburg weg in sy laaste wedstryd sal speel.

Velddrif sal die naweek sy greep op die derde plek wil versterk as hy Vredenburg onthaal. Dié span het op sy beurt Paternoster met 22-17 geklop. Die Agterbaaiers het die naweek op sy tuisveld die besoekers uit Hopefield behoorlik afgeransel toe die span met 52-20 baas was.

St. Helenabaai gaan Saterdag probeer om Paternoster in sy agterplaas te troef. Saldanha, wat die naweek as die streekwenner aangewys kan word, het ’n moeilike taak op hande as die span die grafkelder in Pella besoek. Die twee spanne sal ook die Weskus in die uitspeelrondes verteenwoordig.
. In die Swartlandstreekliga het Wesbank Saterdag gewys die liga word ná twee rondes gewen toe die span Abbotsdale in ’n wegwedstryd met 30-26 geklop het en die span kort net ’n enkele punt uit sy laaste wedstryd teen Darling om die streekkampioen te wees.

Darling se verrassende nederlae teen van die agterosse in die streek het self ’n moeilike bult om te klim as hy nog die streekwenners wil wees. Darling pak die komende naweek Wesbank en die riller kan vir die spanne triomf óf trane besorg. Darling moet die wedstryd met ’n bonuspunt wen en sorg dat die koringboere niks punte uit die stryd kry nie.

Indien die melkboere vasval in sy laaste twee wedstryde en Abbotsdale wen sy laaste twee wedstryde met bonuspunte, kan die Lilies weer pronk. Abbotsdale pak die naweek Piketberg en net vyf punte sal die span op koers hou.

Piketberg het die naweek teen Kalbaskraal met 22-25 vasgeval.

Never Despair se tiere het die naweek Moorreesburg met 29-22 geklop en pak Riebeek die naweek in ’n wegwedstryd. Riebeek het Porterville Saterdag met 38-34 getroef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.