Langebaan-atletiekklub het die afgelope naweek aan Boland-atletiek se byeenkoms op Dal Josafat-stadion in die Paarl deelgeneem.
Baie atlete van die plaaslike klub het teen ouer atlete meegeding omdat die ouderdomsgroepe waarin hulle kon deelneem slegs o.16, o.18 en o.20 was. Volgens die afrigters is hulle baie beïndruk met die atlete se vertoning veral met hul voorseisoense tye.
Hulle gaan ook die vakansie nie ledig sit nie, maar ’n streng oefenprogram volg. Atlete wat in die top-10 geëindig het:. Mary Geduld (o.16): tweede in die 1 500 m;. Ashali Pholman (o.16): sewende in 1 500 m;. Lee-Ann Warnick (o.16): vierde in 100 m en tweede in 200 m;. Washiema Blaauw (o.18): tweede in 100 m;. Alphonso Jordaan (o.16): vierde in 1 500 m;. Jadon Ocks (o.16): sewende in 1 500 m;. Jason Ocks (o.16): sewende in 1 500 m;. Valentino Beukes (o.16): sesde in 1 500 m;. Valentino Fredericks (o.16): vierde in 1 500 m;. Leander Pholman (o.16): agste in 400 m en sewende in 800 m;. Devon Blaauw (o.18): tweede in 400 m en vyfde in 800 m;. Denovan Beukes (o.18): sewende in 400 m en negende in 800 m.