Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Atlete ná goeie jaar beloon

Baie sweet, ’n bietjie bloed en selfs ’n paar trane het die atlete van die Langebaan-atletiekklub die afgelope jaar deur hul kompetisies gedra.

Hulle is Vrydag vir hul sukses beloon.

Die klub het verlede week sy jaarlikse prysuitdeling gehou en klublede vir hul puik prestasies beloon.

Christopher Rodgers, die klub se voorsitter, en sy bestuurspan het die vinnigste atlete asook diegene wat die meeste vordering getoon het, vereer.

Die Suid-Afrikaanse middelafstand-kampioen Shawn Abrahams was die gasspreker by die geleentheid en het die atlete, oud en jonk, aangemoedig om selfdissipline te hê en hul loopbaan ’n prioriteit te maak.

Hy het egter gemaan dat jong atlete veral die belangrikheid van hul skoolloopbane in ag moet neem aangesien sportsterre nie vir altyd op die veld of baan kan leef nie.

Die klub het uitgewei oor sy onlangse deelname aan die 38ste Murray and Roberts-Jack Cheetum-prysuitdeling waar die klub R150 000 vir sy ontwikkelingswerk ontvang het. Volgens Rodgers sal die geld aangewend word vir atletiek­ontwikkeling, maar hy sê die klub het nog geen definitiewe planne om op hierdie tydstip te deel nie. ’n Hokkieklub, Inanda Ntuzuma Kwamashu, en die Welkom-stoeiklub is saam met die Langebaan-klub benoem.

Rodgers het sy bestuurspan, die klub se afrigters, hul borge en die klub se getroue ondersteuners vir hul bystand deur die jaar bedank.

Volle lys van wenners op bl. 29.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.