SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Sport
Beloon vir hul harde werk

Langebaan-netbalklub (LNK) het al sy beste spelers Woensdagaand 20 November vereer by die klub se jaarlikse bekeruitdeling wat by die Langebaan-rolbalklubhuis gehou is.

Volgens Delene Boshoff, lid van LNK, het die spanne nuwe hoogtes bereik onder die leiding van die afrigter Esta Visagie en tegniese beamptes Delene Boshoff en Retha Marias.

“Die tweede en derde spanne het met die louere weggestap as wenners van hul onderskeie Weskus-ligas. Die eerste span het derde geëindig in die A-liga ná Malmesbury en Citrusdal.”

Aliche Schnetler is ook dié aand as die SA speler van die toernooi aange­wys asook die sportvrou van die jaar.

K’rien Botha het die beker ontvang vir die beste doel en is ook as die waardevolste speler aangewys.

Boshoff wil ook Craig Scott van Langebaan Country Estate (LCE) bedank vir die geleentheid wat hy vir hulle bied om netbal in ’n veilige omgewing te speel.

“Ons wil Scott bedank vir die twee nuwe netbalbane wat tans gebou word waarmee ons die 2020-seisoen gaan begin. Dit help ons om die klub nog verder uit te brei en om vir die eerste keer ’n manspan te begin.”

Sy sê ook dat hulle baie gelukkig is om die dienste van die nuwe afrigter, Edelweis Calitz, te bekom. Calitz het nie net ’n universiteitspan afgerig nie, maar het ook afrigtingklinieke vir Netbal-Suid-Afrika (NSA) aangebied.

“Ons het ook twee SA skeidsregters in ons klub. Gutrun Prigge het haar SA C-gradering vroeg in die jaar gekry en Talitha Blom het haar SA B+- gradering by die SA-manstoernooi in September dié jaar ontvang.”

Sy bemoedig belangstellendes om aan te sluit by die klub.

Vir nog inligting, bel Esta Visagie by 083 392 265 of Delene Boshoff by 076 020 8181.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.