Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Benoemings oop vir sportpersoonlikhede

Die gewilde Supersport Let’s Play-kompetisie skop binnekort weer af en Weslander is op soek na plaaslike skole se beste sportspresteerders.

Dié kompetisie word deur SuperSport in samewerking met Weslander oor ’n tydperk van tien maande aangebied.

Verlede jaar se algehele wenner van die SuperSport Let’s Play-kompetisie was Dequinne de Bruyn van Saldanha Primêr.

Skole, afrigters en ouers kan jong sportuitblinkers vir die kompetisie benoem en Weslander sal elke maand ’n wenner kies.

Finaliste moet uitnemend in hul sportsoort presteer. Die sportkodes sluit enigiets in van atletiek, rugby, netbal, gimnastiek, skaak tot toutrek en tydrenne.

Die maandwenners sal later vanjaar meeding om as die amptelike sportster van die jaar gekroon te word.

Een van die voorwaardes is dat deelnemers in Weslander se verspreidingsgebied moet woon en/of skoolgaan.

. Diegene wat ’n kind wil inskryf, moet ’n motivering skryf en aan Weslander stuur by sport@weslander.co.za met die titel “SuperSport Let’s Play”.

Vir nog inligting, bel Weslander by 022 713 1251.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.