Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Bykans 300 stap en trap in Patrysberg

Altesaam 103 fietsryers en 191 stappers het Saterdag 4 Mei aan die vierde Patrysberg-bergfietsren en -veldwedloop deelgeneem.

Verskeie kosstalletjies, ’n potjiekos-kompetisie asook vermaak en musiek deur Amore en Hennie Smit was aan die orde van die dag.

Volgens Willem Calitz, een van die organiseerders, het 149 hardlopers en 111 bergfietsryers verlede jaar deelgeneem. Calitz was verlede jaar algeheel eerste in die bergfiets-afdeling.

Hierdie jaar se bergfiets-uitdaging het verskeie nuwighede gehad met ’n 5 km-rit, die blou roete oor 15 km, die rooi roete oor 40 km en die swart roete oor 60 km wat bygevoeg is.

Die wenners was:. Die 15 km-bergfietsren se wenners was Jaco de Villers en Sonja Jordaan.. Morne Pretorius en Desiree Strydom was onderskeidelik die mans- en vroue-wenners van die 40 km-bergfietsren.. Ryk Lochner en Lolita van Aardt is gekroon as die wenners van die 60 km-bergfiets-ren.

Die oudste deelnemer aan die 5 km-stap was tannie Susan Engelbrecht (92).

Die geld wat ingesamel is, het aan die NG gemeente St. Helenabaai gegaan.

Volgens Kobus Lock, een van die organiseerders, was dit ’n groot sukses en hy het almal wat die dag ondersteun en deelgeneem het, bedank.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.