Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Dié atlete wys vroeg hulle is gereed

Salkoriane-atletetiekklub (SAK) het die nuwe jaar met medaljes verwel­kom toe dié span Saterdag 11 Januarie sy staal gewys het by ’n talentsoek-byeenkoms by die Dal Josafat-stadion in Paarl.

Volgens Sakkie Mentoor, hoof van SAK, is die atlete in verskeie nommers getoets.

“Die Salkoriane se vyf atlete wat deel geneem het, is Riwaldo Vigaro (800 m), Markwin Cloete (800 m), Gerhard Strydom (800 m), Jogayn Louw (100 m ) en Devedean Coenraad (100 m). Ons is baie trots op hulle, almal het onder die toptien geëindig.”

Op die dag het Gerhard en Jogayn bronsmedaljes gekry, Rivaldo en Devedean het sewende gekom en Markwin het die agste plek behaal.

Mentoor voeg by dat twee van die klub se bestuurslede, Phillip Jacobs en Jonathan Galant, ook die Boland se afrigterssimposium bygewoon het wat gegaan het oor die veiligheid rakende die van baan- en veldatlete.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.