Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hopefield wen baie maklik

Hopefield-krieketklub (HKK) het Sater­dag 8 Februarie kragte gemeet teen Riebeek-Wes in ’n T20-wedstryd op Hopefield se tuisveld.

Die tuisspan se kaptein, Shaun de Bruyn, het die loot gewen en Riebeek gestuur om eerste te kolf.

Riebeek se aanvangskolwers het stadig begin en het dit moeilik gevind om die lopietempo op te stoot te danke aan goeie boulwerk van Hopefield.

Riebeek-Wes kon slegs 116/7 aanteken in sy toegelate 20 boulbeurte – met slegs Carlyle Kuiler wat effens weerstand kon bied. Hy het (28*; 3x6, 1x4) behaal.

Zander Scherman (4-0-19-1) en Henco Auret (4-0-13-0) het die kolwers in toom gehou, maar dit was uiteindelik die ervare Dirkie Visser wat amok gesaai het met sy bedrieglike spoed.

Hy het geëindig met uitstekende boulsyfers van (4-0-9-4). Dit het ook ’n uitstekende driekuns ingesluit.

Hopefield moes 117 lopies aanteken om te wen.

Die span se kaptein se opdrag was om rustig te kolf en die wen te verseker, maar Barry Tredoux het egter ander planne gehad.

Hy het ’n blitsige 101* aangeteken en skaars hulp nodig gehad van sy mede-kolwers. Sy (101*; 11x6 en 6x4) beteken dat 90 van sy lopies uit grenshoue bestaan.

HKK het die wenteiken maklik binne 15 beurte gehaal met slegs een paaltjie plat.

Hopefield wen dus met nege paaltjies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.