Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hou jou oog op die bal . . .

Vredenburg/Saldanha-krieketklub (VBSKK) se eerste span het weer eens sy staal gewys toe die Krewe op 9 Februarie teen Van der Stel (VDS) kragte gemeet het.

VDS wen die loot en stuur die Krewe in om eerste te kolf.

Sommer in die tweede boul­beurt val ’n paaltjie en die jongeling, Niel Lochner (94, 5x4 en 1x6) moes sy staal met die kolf wys.

Hy trakteer die klein groepie getroue ondersteuners met veral sy dekdryfhoue.

Lochner mis sy tweede honderd van die seisoen toe hy uitgevang word in ’n poging om nóg ’n ses te moker.

Lochner is goed ondersteun deur die kaptein, Quinton Kannemeyer (59, 1x4) en die ou strydros, Shane Summers (34, 2x4 2x6).

Die Krewe teken ’n skaflike 251/10 in hul toegelate 50 boulbeurte aan.

M. Cilliers 3/6 en D. Ross-Watt 3/45 was Van der Stel se beste boulers.

H. Odendaal (65, 6x4 en 1x6) en J. Eslar (33, 1x4 en 2x6) het moedig probeer teen Shane Summers 2/16, Graeme Cupido 2/22, Marshall ‘Legend’ Menas 2/27 en Tommy Kannemeyer 2/34 se skitterende boulwerk en kon net 163 aanteken.

VBSKK wen met 88 lopies.

. Die wedstryd van die week was Saterdag 8 Februarie toe Krewe III en St. Helenbaai I in die derde ronde van die Weskus se eerste divisie se T20-kompetisie kragte gemeet het.

Die onoorwonne Krewe het pragtig met hul aanvangs­kolwers begin.

Ashwin Pietersen (34, 1x6 en 2x4) en Duwaine Smith (26, 1x6 en 1x4) het goeie aanvallende krieket gespeel en ’n vennootskap van 75 lopies aangeteken.

Groot drama volg met die immergroen Anthony ‘Hemelpoeding’ Jooste (55, 4x6 en 2x4) van net 28 balle wat die skare getrakteer het met sy vernietigende kolfwerk.

Daardie drie agtereen­volgende reusesesse (vandaar die bynaam Hemelpoeding) sal lank onthou word.

Krewe III teken 169 aan.

Riaan Galant 2/22 het goed geboul.

St Helenabaai het moedig probeer met 130/7.

Jean Erasmus (45, 1x6 en 6x4) en Ryan Kivido (32, 4x4) was die beste kolwers, maar kon net 130/7 aanteken in sy toegelate 20 boulbeurte.

Anthony Jooste het wedstryd met 2/2 geëindig.

VBSKK III wen met 39 lopies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.