Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Judoka bo in kampioenskap

Lede van die Piketberg-judoklub (PJK) het van Sondag 30 Junie tot Donderdag 4 Julie skitterend in die SA judokampioenskap in Vanderbijlpark, Gauteng, gevaar.

Marshall Fortuin en Manese-lee Gal het albei goud in die toernooi gewen, terwyl Rayghana van Rooy en Gerrit Gal, die span se afrigter, elk ’n tweede plek behaal het.

Volgens Gal is PJK in 1986 gestig en beskik slegs judo as ’n krijgskuns, ’n sport waar twee mense veg en probeer om mekaar op die grond te gooi.

“Altesaam 16 nuwelinge en 22 gevorderde lede van Weskus Judo het aan die SA kampioenskap deelgeneem.”

Weskus Judo het tien goue en drie silwermedaljes in die nuwelingkompetisie verower, en die gevorderde mededingers het een goue, vier silwer- en twee bronsmedaljes gewen.

Gal is een van vier lede van Weskus Judo wat in die nasionale judospan opgeneem is. Dié span sal van Woensdag 25 tot Sondag 29 September aan die Statebond Judo-kampioenskap in Birmingham, Engeland, deelneem.

Hy voeg by dat kostes vir die toernooi nog onbekend is, maar enigiemand of onderneming wat ’n bydrae wil maak, kan Gal help om Suid-Afrika te verteenwoordig en sy droom te bewaarheid.

Vir meer inligting bel Gerrit Gal by 078 066 2239.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.