Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Jukskei in die Weskus is duidelik nie van die baan

Jukskei is so eg Suid-Afrikaans soos braai en Weskussers wat aan dié sport wil deelneem, kan by Action-jukskei aansluit.

Jukskei is ’n 270 jaar oue sport wat amptelik as ’n inheemse sport erken word. Martin Pieterse het onlangs toestemming van die SA Jukskei-vereniging en die departement van sport en kultuursake gekry om dié sport in die Bergrivier-, Saldanhabaai- en Swartland- munisipale gebiede uit te brei.

“Daar is reeds ’n bestaande Weskus-jukskei-komitee by die Wes-Kaap-jukskei-vereniging, maar om voort te gaan, benodig ons spelers en klubs om goedkeuring te kry vir die bou van bane sodat ons met ons eie ligawed­stryde kan begin,” verduidelik Pieterse.

Dié boeresport is deel van die nasionale inheemse spele wat jaarliks deur die departement aangebied word.

Pieterse nooi enige belangstellendes om by plaaslike klubs aan te sluit.

“Daar is bestaande lede in die omgewing wat die afgelope jare onder die vaandel van die Kaapse Wynland-streek Suid-Afrikaanse kleure verwerf het sowel as Kaapse Wynland-kleure,” sê hy.

Bestaande jukskei-klubs en hul voorsitters kan Pieterse kontak sodat ’n volledige plaaslike databank opgestel kan word. Pieterse kan by mjp4sfr@gmail.com bereik word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.