Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Krewe bly op die wenpad

Nog net een wedstryd lê voor vir Vredenburg/Saldanha-krieketklub wat sal bepaal of die Krewe as die kampioene van die Boland-premierliga gekroon sal word nadat dié kranige span Paarl-Oos Saterdag (14 Maart) gewen het.

Quinton Kannemeyer, die kaptein, het die loot gewen en besluit om in die bewolkte toestande te kolf.

Die Krewe se openingskolwers, Hanno Kotze (109; 15x4, 1x6) en Simon Khomari (132; 18x4, 2x6) het die boulers van die eerste bal af onder druk geplaas en ’n klubrekord van 235 lopies om die eerste paaltjie aangeteken. Quinton Kannemeyer (48; 2x4, 3x6) en Krisnan Oosthuizen (30*; (1x4, 4x6) het sout in die wonde van die Paarl-Oos se boulers gevryf.

Een van Quinton Kannemeyer se sesse het deur die venster in die klubhuis gebars – ’n massiewe 100 m van die kolfblad af. Oosthuizen het in net nege balle verwoesting gesaai.

Die Krewe het op ’n massiewe 412/6 in sy toegelate 50 boulbeurte geëindig.

Paarl-Oos is vir 103 uitgeboul met net M. Solomons (21; 2x4) wat weerstand probeer bied het.

Greame Cupido (3/15), Tommy Kannemeyer (2/14) en Krisnan Oosthuizen (2/28) het uitstekend met die bal in die hand vertoon.

Krewe het met ’n massiewe 309 lopies gewen en sy eerste plek, vyf punte voor Maties, behou. . Die Krewe reis die naweek vir die laaste wedstryd teen Maties.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.