Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Krewe glad nie in die knyp

Die twee topkrieketklubs in die Boland-premierliga het mekaar in die laaste liga­wed­stryd van die seisoen op Coetzenburg die stryd aangesê.

Dié wedstryd het op Saterdag 30 Maart plaasgevind.

Maties het die loot gewen en die Krewe ingestuur om eerste te kolf.

Aanvanklik het die Krewe stadig begin en die eerste paaltjie val op 28 lopies.

Die kaptein, Quinton Kannemeyer (54; 8x4, 1x6), trakteer die handjievol getroue ondersteuners met ’n keurspel van houe.

Veral sy reguit dryfhoue sal nog lank onthou word.

Hy word goed deur Lizaad Williams (26, 3x4) ondersteun en lê die grondslag vir ’n groot telling, maar die middelorde- en stertkant-kolwers bring nie hul kant nie en die Krewe eindig op 166.

Met middagete het die Krewe se voorsitter, Louis Hartzenberg, die spelers gemotiveer deur uit te wys dat hulle die hele seisoen gewys het hulle kan goeie krieket speel teen enige span.

Maties het begin asof hulle in 20 boulbeurte wou klaarmaak.

L.J. du Preez (65; 6x4, 5x6) saam met B. Brodell (26; 3x4) het op 86/1 gekolf asof hulle die vryheid het om enige bouler se aanval teen te staan.

Kannemeyer kolf en neem drie vinnige paaltjies.

Aan die ander kant peper Lizaad Williams (2/34) die kolwers met vinnige kortballe wat net heupe wil proe.

Greame Cupido knoop die res van die kolwers se sterte met sy balle en neem ’n skitterende 4/23.

Maties eindig op 151 en die Krewe wen met 15 lopies.

Krewe eindig tweede in die Premierliga nadat hulle vroeër die seisoen die T20-premierliga ook gewen het.

Die bestuur bedank graag die spelers, families, ondersteuners, borge en afrigters vir hul bydrae.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.