Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Krewe se kolfwerk is kookwater

Vredenburg/Saldanha-krieket­klub (KK) het weereens sy staal gewys toe hy Coronations-krieket­klub Saterdag 24 November en Wellington Sondag 25 November geklop het.

Coronations het eerste gekolf en 142 aangeteken.

Cebo Tshiki (53; 7x4) en M. Mahin (28; 3x4) was sy beste kolwers terwyl Simon Khomari

(3-24) en Tommy Kannemeyer

(3-25) die Krewe se beste boulers was.

Hanno Kotze (37; 2x4; 3x6) en S. Khomari (30; 2x4) het verseker dat die Krewe die wentelling haal en op 145/6 geëindig het. Krewe het met vier paaltjies gewen.

Die Krewe het Sondag 25 November gereis om teen die verdedigende eendagkampioene, Wellington, te gaan speel.

Sy kaptein, Quinton Kannemeyer, het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Wellington het 242 aangeteken met Moshin Khan (73; 9x4; 4x6), Darren Papier (69; 8x4) en Yuan Classen (33; 3x4) sy beste kolwers.

Quinton Kannemeyer (4-30) en Nkululeko Serame (2-30) was die Krewe se beste boulers.

Die Krewe het toe een van hul beste kolfvertonings gelewer en Horatio Cornellisen (62; 4x4; 4x6), Quinton Kannemeyer (60; 4x6), Graeme Cupido (39; 4x4; 1x6), Simon Khomari (35; 4x4), Thomas Kannemeyer (26; 1x4, 1x6) nie uit nie het die wentelling in die 48ste beurt verbygesteek en sy beurt op 246/5 geëindig.

Krewe het dié wedstryd met vyf paaltjies gewen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.