Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Krewe versap S&D

Vredenburg/Saldanha-krieket­klub se eerste span is weereens op die wenpad nadat die span die Stellenbosch en Distrikte-krieketklub (S&D) Saterdag 2 Maart maklik geklop het.

S&D het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Dit was ’n goeie besluit, want hulle het die Krewe op 34/4 byna teen die planke gehad.

Horatio Cornellisen (100; 4×7, 6×3) en Tommy Kannemeyer (80; 4×5, 6×1) het egter ingestap gekom en ’n keurspel van houe uit die boonste rak vir die toeskouers voorgesit.

Hul vennootskap van 189 lopies om die vyfde paaltjie het die Krewe in staat gestel om 253/7 in hul toegelate 50 beurte aan te teken.

S&D kon net 55 lopies teen die vernietigende blitsballe van Dayyaan Galiem (3/13), Riaan Smit (2/12) en die spin van Marlon Kannemeyer (3/13) bymekaar skraap.

Die Krewe het met 198 lopies gewen.

Saterdag (9 Maart) speel die Krewe se eerste span weg teen Victorians en die tweede span speel tuis teen T20 Paarl-Oos.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.