Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
LCE kry die rolbaltrofee

Rolbalspelers wat op soek was na ’n uitdaging het Woensdag 20 Maart na Darling-rolbalklub gereis vir die ope dag.

Volgens Rikas Mitchell, afrigter van Darling-rolbalklub, is die ope dag deur Silvertees finansiële dienste en Darling Engen geborg.

“Daar was spanne van Velddrif, Langebaan Country Estate (LCE), Yzerfontein, Moorreesburg, Malmesbury, Darling en Bellville,” verduidelik Mitchell.

Die wenners van die dag was die LCE Harlequins.

“Die span het ook nie net met die prysgeld weggeloop nie, maar ook met die Ron Bulford-trofee. Baie geluk, julle het puik gespeel,” meen hy.

In tweede plek was dit die Bellville-span en die verdedigende kampioen van die Ron Bulford-trofee, die Malmesbury-span, het derde plek behaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.