Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Moenie Weskus-pret

Vissers kan weer gereed maak vir die jaarlikse visderby wat gewoonlik net ná Kersfees plaasvind.

Dié jaar se Hotnotsvis-derby beloof om weer ’n groot geleentheid by die Noord­blinder Pub & Grill in St. Helenabaai te wees en vind Saterdag 26 Desember plaas.

Benewens die dag van visvang, sal Weskus Kallie en Louis van Lill vir die vermaak sorg. Daar sal ook stalletjies wees en ’n Mnr. en Mej. Derby sal gekroon word. Vissers het die kans om groot pryse te wen. Die eerste plek sal ’n 30 kg-skaap wen, die tweede prys is twee nagte se verblyf vir twee by die Fisherman’s Cottage in die dorp en die derde plek sal ’n R1 000 losslaan.

Inskrywings kos R300 per persoon.

Vir nog inligting of om ’n stalletjie vir die dag te bespreek, bel Brenda of André by 076 582 4492.

Moenie dié Weskus-pret misloop nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.