Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Moenie Weskus-pret ná Kersfees misloop nie

Vissers kan hulle weer gereed maak vir die jaarlikse vis-derby wat gewoonlik net ná Kersfees plaasvind.

Dié jaar se Hotnotsvis-derby beloof om weer ’n groot geleentheid by die Noord­blinder Pub & Grill in St. Helenabaai te wees en word Saterdag 26 Desember gehou. Benewens die dag se visvang sal Weskus Kallie en Louis van Lill vermaak aanbied. Stalletjies sal beskikbaar wees en ’n Mnr. en Mej. Derby sal gekroon word. Vissers sal groot pryse kan wen.

Die eerste prys is ’n 30 kg-skaap, die tweede prys is twee nagte se verblyf vir twee by die Fisherman’s Cottage in die dorp en die derde plek sal ’n R1 000-geldprys losslaan.

Inskrywings kos R300 per persoon.

Vir nog inligting, of om ’n stalletjie vir die dag te bespreek, bel Brenda by 076 562 4495 of André by 076 562 4497.

Moenie dié Weskus-pret misloop nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.