Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Nuwe uitdagings wag op gholf

Weens die Covid-19-pandemie se uitwerking op alle sportkodes beplan die Boland-gholfunie om volgende jaar op ontwikkeling te fokus.

Lizanne Heydenrych, president van Boland-vrouegholf, sê daar is baie groot uitdagings wat dié unie in die gesig staar.

“Ons eerste doel is om weer vir spelers die geleentheid te gee om kompetisies, soos toernooie, te speel. Tans is dinge maar moeilik, want alles word virtueel gedoen. Daar is nie prysuitdelings nie en die interaksie tussen spelers ná kompetisies is tans afwesig,” vertel sy.

Heydenrych verduidelik die unie sal streef om spelers aan kompetisies bloot te stel en hulle te motiveer. Twee groot uitdagings wat vir die unie in 2021 voorlê, is geld en die ontwikkeling van die sport.

“Weens Covid-19 het mense finansieel baie swaargekry. Dit was nog altyd ’n doelwit van Boland-vrouegholf om spelers wat aan groot toernooie deelneem so ver moontlik geldelik te ondersteun. Met die finansies wat onder groot druk is, gaan dit in 2021 vir ons ’n groot taak wees. Dit is uiters belangrik dat Boland-vrouegholf hul junior spelers moet vermeerder.”

In ooreenstemming met dié strewe is die unie se mikpunt om veral ontwikkeling na verskillende plattelandse dorpe te bring om jong gholfspelers vir die sport te werf.

“As ons sulke plattelandse kinders geïdentifiseer het, moet ons hulle by afrigters kry en hulle aan die gholf blootstel. “Hoe meer junior spelers aan gholf deelneem, hoe sterker gaan die unie raak,” meen Heydenrych.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.