Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Pad na uitspeelrondes steil

St. Helenabaai het Saterdag op sy tuisveld teen die voorloper Saldanha met 20-36 vasgeval en sodoende sy kanse om die uitspeelronde te haal ’n gevoelige slag toegedien.

Die verwagte klipharde stryd kon enige kant toe swaai ten spyte van die telbord. Saldanha, wat rustyd 14-10 voor was, het die bonuspuntwen eers laat in die wedstryd beklink nadat hy nie vroeër die uitklophou kon plant nie. St. Helenabaai het met die nederlaag die pad na die uitspeelrondes baie moeilik vir hulself gemaak en sal nou sy oorblywende vier wedstryde moet wen en hoop Pella kry nie meer punte in sy oorblywende drie wedstryde nie.

Die Agterbaaiers deel nou die derde plek met Velddrif, maar het ’n wedstryd minder. Saldanha het met die oorwinning reeds sy plek in die uitspeelrondes verseker en kan die naweek die eerste plek verseker as hy na Mamre reis.

Mamre, wat die naweek ’n blaaskans geniet het, het reeds gewys hy skrik nie vir die spanne wat boaan die punteleer is nie. Saldanha kan ’n omgekrapte tuisspan verwag wat al die moontlike sal doen om te wen en die besoekers sal moet hard werk vir ’n oorwinning. St. Helenabaai se pad na die uitspeelrondes begin Saterdag as die span Pella besoek. Pella het reeds sy een voet in die uitspeelronde gesit toe hy teen alle verwagtinge in die span van Vredenburg op sy tuisveld geklop het. Pella het die stryd 23-18 gewen en moes in die laaste vyf minute keer vir al wat hy werd is. Vredenburg het met die neder­laag sy kanse om die uitspeelrondes te haal finaal gegroet en speel nou net vir sy eer. Hopefield het ook die span van Langebaan geskok met ’n oorwinning van 28-26. Hopefield sal die naweek stert in die lug Vredenburg onthaal.

Velddrif het op sy tuisveld sy hande vol met Paternoster gehad. Die tuisspan het baie karakter en veggees getoon en het met 32-30 met die louere weggestap en onthaal Langebaan Saterdag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.