Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Papier geduldig aan die oefen

Weskussers het nog altyd ’n liefde vir sport gehad en danksy sy Facebook-fiksheidsblad motiveer Jeremy Papier ander.

Nadat hy aan die Hoërskool Weston gematrikuleer het, het Jeremy sy BA (sport en rekreasie) aan die Universiteit van Wes-Kaapland voltooi.

Om praktiese ervaring op te doen, het Jeremy vlugtig na sy alma mater teruggekeer om lewensoriëntering aan te bied.

Verlede jaar het hy sy Facebookblad, JP’s Fitness Solutions & High Performance Coaching, begin. “Dit is ’n gemeenskapsprojek en ek het stadig my eie toerusting aangekoop. Hierna het ek bootcamps en fiksheidsessies by die Vredenburg-sportterrein aangebied,” vertel hy. Hy het later sy sessies by die ou skaatsplankbaan aangebied.

Jeremy sê hy wil graag ’n “fiksheidskultuur in die Weskus skep”. Volgens hom het baie steeds die wanpersepsie om noodwendig by ’n gimnasium aan te sluit. “Ek wil mense aanmoedig om net te begin oefen. Begin waar jy is, met wat jy het. Al beteken dit net jy stap vyf minute per dag of pak meer fisieke huiswerkies aan,” sê Jeremy.

Benewens sy strewe om almal aan die beweeg te kry, het Jeremy ook ’n projek om hoëprestasie-afrigting aan jong sportsterre te bied. “Ek het in my universiteitsdae semiprofessioneel rugby gespeel en het in 2015 die WP se senior sewesrugby ver­teen­woordig. In hierdie tyd het ek besef ek was nooit voorheen aan hoëprestasie-afrigting blootgestel nie. Dit is harde werk, want dit is nie net oefeninge in die gimnasium nie. Oefening sluit ook spoed, vaardigheid, buigsaamheid en deursettingsvermoë in.

“Ek was nie gereed vir daardie soort oefening nie en niemand het my gewaar­sku nie. Die werklikheid is die Weskus sit met hope talentvolle sportsterre, maar diegene wat dit tot op die hoogste vlak maak, val dan uit omdat ons nie dié afrigtingsmetode ken nie,” meen hy.

Hy sê skielik voel dit asof jou vaardighede nie meer goed genoeg is nie.

Langtermynhoëprestasie-afrigting bete­ken volgens Jeremy dat atlete van jongs af voorberei word vir ’n professionele opset en dan is die sportman se dissipline reg om nie net op die hoogste vlak van sport mee te ding nie, maar daar te bly.

“Omdat groepoefeninge nie meer kan plaasvind nie, beteken nie jy hoef nie te oefen nie,” sê hy. “Met die grendeltyd het ek die geleentheid gebruik om die gemeenskap aan te moedig om aan te hou oefen en steeds voor te brei vir hul verskeie sportkodes.”

Hy het ook plaaslike bekende sport­sterre soos Lizaad Williams van die Cobras, Embrose Papier van die Blou Bulle en Amber Coraizen (netbalspeler) ingespan om ’n video te maak. Dié kort video’s word op sy Facebookblad gedeel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.