Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Pato behaal goeie oorwinning

Paternoster het sy eerste ronde in die Boland-grootuitdaagreeks Swartwesstreek op ’n hoë noot afgesluit toe die span die besoekers van Mamre geklop het.

Paternoster, wat gemengde welslae in die eerste ronde behaal het, sal die ronde in die sesde plek afsluit ná dié goeie oorwinning.

Die tuisspan het die eerste helfte oorskadu en die besoekers kon net kyk hoe die span toe reeds 26-0 voorgeloop het.

Mamre het egter in die tweede helfte karakter getoon en sterk teruggeveg, maar was reeds met sy rug teen die muur. Kenny Stadler, afrigter van die besoekers, het die ervare Jaco Oppelt en Alwyn Liebenberg opgeroep en die twee het die nodige vonk verskaf. Met die besoekers 14-26 binne bereik het die span meer en meer hanteerfoute gemaak, wat hom punte gekos het.

Mamre het ’n bonuspunt in die doodsnikke van die wedstryd behaal en sluit die eerste ronde in die laaste plek af. Die eindtelling was 50-26.

Paternoster sal die voorloper, Saldanha, op 14 Julie op sy tuisveld pak in die begin van die tweede ronde.

Saldanha het die naweek Pella uit die eerste plek gespeel toe die Baaienaars in ’n wegwedstryd vir Hopefield 36-13 geklop het.

Saldanha het met dié oorwinning ook 33 punte en het nog een wedstryd teen Vredenburg oor, maar spog met ’n beter punteverskil.

Die grootste verassing die naweek was beslis Langebaan se tuisoorwinning van 20-19 oor Vredenburg. Langebaan het met die oorwinning Vredenburg vir eers uit die vierde plek gedruk en het 22 punte.

St. Helenabaai het die derde plek sy eie gemaak met ’n goeie 43-31-wen oor Velddrif.

Die Veldriwwers het een plek tot sewende plek gedaal ná die nederlaag en pak Mamre in sy eerste wedstryd van die tweede ronde op 16 Julie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.